Daar word geen munisipale dienste in Veekraal gelewer nie. Dit beteken dat geen van die volgende deur die munisipaliteit voorsien word nie.
- Vullis verwydering
- Riolering
- Water voorsiening
Hoewel paaie bestaan, word die onderhoud daarvan nie deur die munisipaliteit onderneem nie, en word bydraes deur die inwoners vir dié doel ingesamel en daarvoor aangewend. (Sien die bladsy oor Paaie).
Telefoondienste was op ‘n stadium deur die Poskantoor (later Telkom) voorsien, maar dit is beëindig met die koms van selfone. Tans is daar slegs ‘n MTN-toring binne die Veekraal-gebied (op plot 81 – ‘n natuurlike hoë punt in die gebied), en dus is die MTN-diens die beste van al die selfoondiensverskaffers. Ander selfoontorings bestaan wel in Deneysville, maar die ontvangs is soms swak veral in die laagliggende plotte.
Hier is verskeie diensverskaffers vir draadlose seinverspreiding. The Umbrella Corporation (voorheen Navco) was die eerste om dié tipe diens te verskaf, maar daar is talle meer deesdae.
WhatsApp speel ‘n belangrike rol in die Veekraal-gemeenskap, en verskeie groepe bestaan om verskillende oogmerke te bereik. Die hoofgroep vir Veekraal het tans omtrent 100 lede, en die groep word gebruik om sake van gemene belang te bespreek.
Elektrisiteit word nie deur die munisipaliteit voorsien nie, en Eskom lewer dié diens direk indien die perseel ‘n Eskom-rekening het. Baie mense kies egter eerder om sonpanele en batterye te gebruik en om dus ontkoppel te wees van die kragstelsel.
Despite the fact that Veekraal resorts under the authority of the Metsimaholo municipality, they do not (normally) render any services in the area. Therefore, the municipal bill only levies property tax and no services. That is to say that none of the following are provided by the municipality, and owners are themselves responsible for:
- Water
- Sewerage
- Garbage removal
Communication is provided through various cell phone service providers – the strongest signal is provided by MTN – the only provider with a tower inside the Veekraal area. Some of the other providers, distributing their signal via Deneysville, sometimes do not have good reception for plots in low lying areas.
WiFi service providers are active in the area – the first being The Umbrella Company (previously trading as Navco). But there are various others too, with many new entrants in this market.
Veekraal operates its day-to-day communication using various WhatsApp groups.
Electricity is also not supplied through the municipality, and Eskom provides directly to Veekraal with an account being required for that purpose. Many people opting to be off-grid use solar panels, batteries and inverters.
Roads are maintained by the residents and monthly contributions are required for this purpose. See our page for Roads.